Suid-Afrika gaan as 'n derde party betrokke in die geskil oor Amerikaanse subsidies betrokke raak. Dié saak, waarin Brasilië en Kanada Amerika beskuldig van die toekenning van onregmatige subsidies, sal spoedig voor die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) verskyn.
Suid-Afrika sal saam met Brasilië, Kanada en 13 ander lande teen Amerika laer trek. Volgens mnr. Hilton Zunckel, senior handelsadviseur by die regsfirma Floor Ingelyf, sê dit is die eerste keer dat Suid-Afrika by 'n saak van die WHO betrokke raak.
Mnr. Steve Galane, waarnemende kommunikasiehoof van die Departement van Landou, sê Suid-Afrika meen dat landbousubsidies wat die handel en produksie verwring en wat meestal deur ontwikkelde lande gebruik word, 'n ongunstige impak op die ontwikkeling van Suid-Afrika en die res van die vasteland se landbou het.
Landbouweekblad, 11 Januarie 2008