Landbou
Meer koring verwag


Wes-Kaapse koringboere het rede om te glimlag. Te midde van hoë koringpryse sê die Oesskattingskomitee in sy vyfde produksieskatting hy verwag 15 550 ton méér koring as in sy vorige skatting.

Die jongste verwagting is 1,773 miljoen ton, wat 0,89% meer is as die vorige skatting van 1,757 miljoen ton van die vorige skatting. Die verhoging word toegeskryf aan meer koring in die Wes-Kaap, terwyl die skatting in die ander provinsies dieselfde gebly het en in KwaZulu-Natal selfs met 600 ton verminder is.

Die verwagte gemiddelde opbrengs is 2,80 ton/ha teenoor 2,78 ton/ha van die vorige maand. Die skatting vir moutgars is ook opwaarts aangepas van 199 874 ton tot 202 974 ton - 'n verhoging van 3 100 ton (1,55%). Die verwagte opbrengs is 2,77 ton/ha.

Die verwagte kanola-oes is onveranderd op 39 840 ton en die verwagte soetlupiene-oes bly dieselfde op 13 300 ton.

11 Januarie 2008