Namibië het die tussentydse ooreenkoms (Handel en Goedere) met die Europese Unie (EU) laat in Desember onderteken wat weer die deur oopgemaak het vir dié land om sy vleis, vis en druiwe soos in die verlede na die EU te kan uitvoer.
Dié tussentydse ooreenkoms, wat deel uitmaak van die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms, vervang die Cotonou-ooreenkoms wat teen die einde van verlede jaar verstryk het.
Aanvanklik het Namibië se kabinet geweier om die ooreenkoms te onderteken wat daartoe sou lei dat die land se landboubedryf 'n verlies van sowat R366 miljoen kon ly.
14 Januarie 2008