Die resultate van 'n ondersoek deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) oor die reëls en kontrakvoorwaardes van Safex gaan moontlik in Maart bekend gemaak word.
Dié ondersoek is 'n jaar gelede deur Graan SA aangevra. Prof. André Jooste, 'n senior bestuurder by die NLBR, sê hy hoop dat die resultate van die ondersoek by Graan SA se kongres begin Maart bekend gemaak sal kan word.
Die ondersoek het voortgespruit uit graanboere se frustrasie oor die manier waarop pryse soms op Safex "vasgestel word" en daar is onder meer gevra dat gekyk word na die rol van spekulante in prysskommelinge, die invloed van die liggingsdifferensiaal, handelaarsaksies en die uitwerking van ander aksies, soos dié van die Oesskattingskomitee op prysvorming.
Landbouweekblad, 25 Januarie 2008