Daar is nie 'n oplossing op kort termyn vir die land se kragkrisis nie. Bedrywe, soos die landbou, wat baie blootgestel is, sal moet planne beraam hoe om hul risiko's self te hanteer, sê dr. John Purchase, hoof van die Landboubesigheidskamer (LBK).
Dit lyk of die private sektor 'n groter rol in die toekoms gaan speel in kraglewering, maar verbruikers sal moet aanvaar dat krag duurder gaan word sodat nuwe vermoë geskep kan word, sê Purchase.
Busa het dit egter sterk gestel dat die krisis 'n regulatoriese probleem is wat deur die Regering geskep is en dat hy 'n groot bydrae sal moet lewer.
Me. Lindi Botha, ekonoom van die LBK, sê landbou sal nie al die verliese weens die kragkrisis in die land alleen kan dra nie. Dit gaan deursuur na die verbruiker in hoër pryse vir voedselprodukte en na die arbeidsmag in werkverliese.
Uit Landbouweekblad, 1 Februarie 2008