
'n Holstein-boer van Darling in die Wes-Kaap, mnr. JK Basson, is as die nasionale Meestersuiwelboer vir 2007 aangewys.
Die streekwenners is: JK Basson is die wenner in die Wes-Kaap; Gerhard van Rensburg (Jersey) is die wenner in die Oos-Kaap; Jacques Moll (Jersey) is die Vrystaatse wenner; David Crookes (Holstein) is die Transvaalse wenner en John Armstrong (Holstein) is die Natalse wenner.
Die Nasionale Meester Suiwelboerkompetisie word jaarliks deur die Landbounavorsingsraad (LNR) se Lewende Hawe Besigheidseenheid aangebied.
Die resultate word gebaseer op syfers wat deur die LNR se Nasionale Melkdieraantekening en verbeteringskema bepaal word. Keuring vind plaas op grond van produksiesyfers. 'n Suiwelprodusent se prestasie word bepaal op grond van die gemiddelde melkproduksie, persentasie kort laktasies, SST, vers/koei-verhouding, laktasie/koei verhouding, die persentasie eerste jaar verse, die bottervetpersentasie, die proteïenpersentasie asook die kalfinterval.
Vir die eerste keer sedert die kompetisie se aanvangs 17 jaar gelede is daar vanjaar 'n opkomende Suiwelboer van die jaar aangewys. Dié eer het mnr. Efraim Mbele van Harrismith in die Vrystaat te beurt geval. Vandag word Mbele se 45 koeie word met behulp van masjiene gemelk.
29 Januarie 2008