'n Klag van haatspraak is teen die hoofsekretaris van Cosatu ingedien oor uitsprake op die begrafnis van die slagoffers van Skielik.
Die uitlatings van mnr. Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, tydens die begrafnisdiens van die Skielik-slagoffers, is niks anders as haatspraak nie, sê mnr. Paul van der Walt, voorsitter van die TLU SA.
Van der Walt sê na aanleiding van Vavi se uitlating soos in die media gerapporteer, "Boer ná boer leer ons hulle die les" gesê dit bevestig 'n direkte skakel tussen opruiende uitsprake en aanvalle op plase.
Sedert Vavi se uitlatings was ten minste twee boere in verskillende provinsies betrokke by aanvalle en is beide gelukkig dat hulle nie beseer was nie. Wat uiters verontrustend is, is die feit dat in beide gevalle duidelik was dat roof en diesfstal nie die primêre motief van aanvalle was nie. In beide gevalle was die bedoeling om ernstige beserings te veroorsaak, besonder duidelik.
Volgens Van der Walt bestaan geen twyfel dat daar 'n verband is tussen voortgesette opruiende uitsprake van politici en vakbondleiers en die voorkoms van plaasaanvalle nie.
Die TLU SA het 'n formele klag van haatspraak by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen Vavi gelê.
30 Januarie 2008