Die vooraf verhoor na moontlike samespanning met die melkprys word op 7 Februarie gehou. Agt verwerkers van melk is daarby betrokke. 'n Oos-Kaapse boer het dié kwessie in Februarie 2005 onder die Mededingingskommissie se aandag gebring en die ondersoek is uiteindelik afgehandel.
Clover Industries, Parmalat, Ladismith Kaas, Woodlands Dairy, Lancewood, Clover Suid-Afrika, Milkwood Dairy en Nestlé Suid-Afrika word almal van kartelvorming op verskeie maniere beskuldig.
"Dit is nodig dat hierdie proses sy gang gaan sodat die lug gesuiwer kan word," het mnr. Etienne Terre'Blanche, hoofbestuurder van die Melkprodusente-organisasie (MPO), gesê.
Clover het vrywaring verkry vir een klag in ruil vir inligting. Dit is toegestaan ingevolge die kommissie se korporatiewe toegeeflikheidsbeleid.
Lees meer hieroor in Landbouweekblad, 8 Februarie 2008