'n Bekende Vrystaatse landbou-ekonoom het 'n assosiasie van forensiese rekenmeesters gestig.
Dr. Philip Theunissen van Bethlehem en drie ander rekenmeesters het Forensies.com, 'n assosiasie van forensiese rekenmeesters, gestig. Al vier dié mense het onlangs die meestersgraad in forensiese rekenmeesterskap aan die Noord-Wes Universiteit voltooi.
Volledige besonderhede oor wie hulle is en watter dienste hul lewer is op die webwerf, www.forensies.com beskikbaar.
6 Februarie 2008