Landbou
Melkprys-verhoor kry koers


Die verhoor na moontlike samespanning met die melkprys begin op 29 September vanjaar. Agt verwerkers van melk is daarby betrokke. Clover Industries, Parmalat, Ladismith Kaas, Woodlands Dairy, Lancewood, Clover Suid-Afrika, Milkwood Dairy en Nestlé Suid-Afrika word almal van kartelvorming op verskeie maniere beskuldig.

'n Oos-Kaapse boer het dié kwessie in Februarie 2005 onder die Mededingingskommissie se aandag gebring, wat besluit het om die saak verder te voer.

Die verhoor sal voor die Mededingingstribunaal dien, en die volgende datums is vasgestel: 29 September tot 3 Oktober en weer van 6 tot 10 Oktober.

7 Februarie 2008