Landbou
Eskom 'plunder self bates'


'n Artikel in die nuusbrief van 'n nuwe organisasie wat forensiese ondersoeke doen, lui dat Eskom self sy bates geplunder het en dat uitgestelde aansporingsbonusse van meer as R9 miljoen in Maart 2008 aan Eskom se uitvoerende bestuur uitbetaal moet word.

In die Februarie-uitgawe van die maandelikse nuusbrief van forensies.com, skryf die span ouditeurs dat hulle die jaarverslae van Eskom vir die afgelope tien jaar vanuit 'n forensies-rekeningkundige oogpunt bestudeer het en die volgende bevind:

  • Selfs in 2006, toe Eskom se eie model nogmaals 'n onafwendbare kragtekort uitspel, verklaar die direksie met groot oortuiging: "Eskom is well positioned to meet rising demand, given its financial strength, technical skills, planning capacity and operating performance."
  • In 2007 is 63% van Eskom se bestuursposte deur voorheen benadeelde persone gevul.
  • Eskom erken self onder sy laagtepunte van 2007: "Critical skills shortage in management is an area of concern which has been aggravated by the higher than anticipated skills turnover in the engineering field." Tog hou hy voet by stuk in 'n bylae tot sy jaarverslag van 2007: "We will continue with the affirmative action drive . . . not because it is required of us by statute, but because we believe that it is the right thing to do. It is also a business imperative."
  • Eskom se uitvoerende hoof verdien 50% meer as die gemiddeld van al die uitvoerende hoofde van maatskappye wat op die JSE genoteer is.
  • Uitgestelde aansporingsbonusse teen 'n geraamde waarde van R9,22 miljoen moet in Maart 2008 aan Eskom se uitvoerende bestuur uitbetaal word.

    Besoek die webwerf van dié organisasie by www.forensies.com

    12 Februarie 2008