Landbou
Verkeerde voeding: Minder wol


As 'n skaapooi in haar laat dragtigheidstydperk te min kos gekry het, het haar lammers as volwasse skape 8,5% minder wol.

Sulke lammers het ook sterker wol as dié van 'n ooi wat in die kritieke stadium die korrekte voeding gehad het, sê mnr. Renso Nel, bestuurder van Molatek in KwaZulu-Natal. Die wolvag is ligter, omdat die lammers by geboorte 15 % minder wolfollikels het.

Swak voeding in die laaste vier weke van 'n ooi se dratyd veroorsaak ook dat dit langer duur voor sy weer gereed is om ram te vat.

Landbouweekblad, 22 Februarie 2008