Suid-Afrika se avokadobedryf stu volstoom voort met sy generiese promosieveldtog in die Verenigde Koninkryk (VK) en Europa.
Die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging (SAAKV) het tydens sy jaarvergadering by Magoebaskloof naby Tzaneen onderskeidelik 140 000 pond en 30 000 Euro bewillig vir promosieveldtogte in die VK en in Frankryk.
Die VK-promosieveldtog word vanjaar vir die dertiende jaar ononderbroke voortgesit terwyl die promosieveldtog in Frankryk vanjaar sy tweede verjaarsdag vier.
Mnr. Don Westcott, voorsitter van die SAAKV, het tydens die SAAKV se navorsingsimposium gesê Suid-Afrika se avokado-navorsing is hoog aangeslaan tydens die onlangse internasionale avokadosimposium wat in Chili gehou is. Suid-Afrika se kundiges hou beslis tred met die bestes in ander avokado-produksielande. Tans word 20% van die SAAKV se begroting aan navorsing bestee en daarom is dit belangrik dat elke produsent inspraak het in die tegniese komitees waar elke jaar oor navorsingsbehoeftes besin word, sê Westcott.
19 Februarie 2008