Landbou

Een van die advertensies wat die diereregte-aktivistegroep, People for the Ethical Treatment for Aninals (PETA) in Australië publiseer om onder meer protes aan te teken teen die uitvoer van leende skape en Mules se operasie. Die model is glo 'n bekende in vermaaklikheidskringe.
Soortgelyk
Gort gaar oor Mules-operasie!
Deur THEUNS BOTHA

Die groen beweging se aksie teen die Mules-operasie het nuwe momentum gekry toe die Sweedse modehuis H&M aangedui het dat hy voortaan net wol gaan koop van lande wat kan waarborg dat hulle nie Mules se operasie toepas nie.

Mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die NWKV, het aan Landbouweekblad gesê die optrede van H&M verbaas hom min aangesien daar reeds geruime tyd gewaarsku word dat Mules se operasie nie langer deur die groen beweging en diere-aktiviste geduld sal word nie.

"Dit is 'n onaanvaarbare praktyk in boerdery. Suid-Afrika het reeds drie jaar gelede aan die wêreld verklaar dat dié operasie nie hier gedoen word nie. Hoewel die jongste verwikkeling voordelig vir ons land se skeersel is, verlustig ons beslis nie met die posisie waarin ons medeboere in Australië hulle nou bevind nie.

Die Australiese wolbedryf het na erge teenkanting van die diereregte-aktivistegroep, People for the Ethical Treatment for Aninals (PETA) reeds begin om alternatiewe metodes te ontwikkel om brommeraanvalle af te weer en aangedui dat die praktyk teen 31 Desember 2010 heeltemal uit te faseer. "Dit is egter duidelik dat PETA nie tot dan wil wag nie," meen De Wet.

Bron: www.farmonline.com.au

  • Volledige artikel oor die onderwerp in die Landbouweekblad-uitgawe van 14 Februarie.

    19 Februarie 2008