Landbou
Sal VSA koring-uitvoer stop?
NICO VAN BURICK en MARLEEN SMITH

As Amerika, die grootste koringuitvoerder ter wêreld, sou toegee aan sy bakkers se eis om die uitvoer van koring in te kort, kan dit 'n krisis in die internasionale koringmark veroorsaak.

Hoewel dit onwaarskynlik is dat die Amerikaanse regering só 'n maatreël sal oorweeg, meen ontleders net die feit dat dit gevra word, dui op die erns van die koringtekort wêreldwyd.

Die bakkers se eis volg kort op die hakke van 'n aankondiging deur die Amerikaanse departement van landbou dat dié land se opgehoopte koringvoorraad teen einde Mei op sy laagste vlak sedert 1948 behoort te wees.

Oor die hele wêreld het pryse in reaksie op dié aankondiging opnuut die hoogte in geskiet.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Meulenaarskamer, het in reaksie gesê hy wil nie paniek saai nie, maar dat dit 'n groot probleem gaan wees om koring van gehalte in die hande te kry sou hierdie stap deurgevoer word. Hy sê Argentinië het reeds uitvoer begin inkort om sy binnelandse kospryse laag te probeer hou.

  • Lees die volledige berig Landbouweekblad, 29 Februarie 2008