Die waarde van plase behoort in die volgende twee jaar te verdubbel - grootliks weens verwagte beter produksietoestande, blywende hoë kommoditeitspryse en gevolglik die hoër volumes wat geproduseer kan word. Dit alles kan daartoe lei dat die netto boerdery-inkomste met rasse skrede gaan toeneem.
Volgens mnr. Ernst Janovsky, hoof van AbsaAgribesigheid, is dit nou die tyd vir belegging in die landbou. Die staat en private kopers van grond sal moet spring terwyl landbougrond nog bekostigbaar is.
Janovsky het op die Departement van Landbou se vertoonvenster van sy vordering met swart bemagtiging in Kaapstad gesê dit is raadsaam om nou landbougrond te koop. Min mense gaan in die komende jare plase kan bekostig.
Hy sê die toekoms gaan deur mededinging om hektare gekenmerk word. "Dit gaan kospryse waarskynlik verder laat styg."
Hy verwag die netto boerdery- inkomste sal aanhou verbeter, wat produsente minstens in staat sal stel om hul skuld te delg.
Volledige berig in Landbouweekblad van 7 Maart 2008