Die afgelope seisoen se mielie-oesskatting het gewys die skatting is noukeurig genoeg vir mense om groter vertroue daarin te kry. Die skatting was die akkuraatste in jare.
Volgens me. Faith Hawkins, statistikus van die Departement van Landbou, was die totale mielie-oes met 3,13% onderskat. Dít terwyl ander groepe wat oor die skatting gekla het, met tot meer as 20% uit die kol was.
Volgens die komitee se laaste skatting in Augustus verlede jaar moes die oes 6,901 miljoen ton wees terwyl dit op 7,124 miljoen ton te staan gekom het. Wit mielies is met 4,35% onderskat en geel mielies met 1,2%. In 2002/'03 is die oes met 2,9% onderskat, in die volgende seisoen met 8,2%, in 2004/'05 is dit met 6,3% oorskat en in 2005/'06 met 5,1% onderskat.
Landbouweekblad, 7 Maart 2008