Die boodskap uit Washington is dat daar feitlik geen kans is dat Amerika sy grense vir koringuitvoer sal sluit nie, sê dr. Dirk Esterhuizen, landbou-ekonoom by die Amerikaanse ambassade in Pretoria.
Hy het gereageer op bakkers in Amerika se se eise dat VSA-koringuitvoer ingekort moet word. Hy sê die Amerikaanse landbou-departement (USDA) het dit duidelik gestel dat hy geleer het uit foute van die verlede en dit nie sal oorweeg om aan dié eise toe te gee nie.
Boere in Amerika het ook die regering versoek om nie markte te skaad deur aan die eise toe te gee nie. Esterhuizen meen die bakkers is nie 'n sterk drukgroep nie.
Volgens die USDA sal die land se opgehoopte koringvoorraad teen einde Mei sy laagste vlak sedert 1948 bereik. Die wêreldwye vooraad sal dan op 109,7 miljoen ton staan.
5 Maart 2008