Die Kabinet het pas 'n nuwe direksie vir die Land Bank goedgekeur. Dit is gesien as een van die dringendste stappe om 'n sterk direksie aan te stel sodat die belange van die bank behoorlik bestuur kan word, sê mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder.
Die nuwe voorsitter van die raad is mnr. Themba Langa (hy was vroeër 'n gewone direksielid).
Die ondervoorsitter is prof. Herman van Schalkwyk (ook herverkies as 'n direksielid). Die ander lede van die direksie is: eerw. Fera Mbangula, mnre. MH Zilimbola, Bafana Mathidi, Modise Motloba, J. Mthimunye en Moses Sindane. Me. Patience Mnxasana en me. Jesmane Boggenpoel is ook direksielede. Herverkose lede sluit in: me. Thiyeni Ramphele, dr. Anna Mokgokong, me. Nolwazi Qata en mnr. Johannes Potgieter.
6 Maart 2008