Landbou
Veediefstal daal effens
ISABEL STOLTZ

In die laaste drie maande van verlede jaar is 16 007 beeste ter waarde van meer as R120 miljoen gesteel. Die waarde van skape wat gesteel is, is meer as R22 miljoen en dié van gesteelde bokke, meer as R13 miljoen.

Die jongste statistiek van die SAPD dui op 'n geringe afname in veediefstal in dié tydperk oor die afgelope drie jaar.

Volgens supt. Oosie Oosthuizen, nasionale hoof van veediefstal, is op 'n onlangse veediefstalkongres besluit om die eenheid se suksessyfers te verbeter deur die berriggewersnetwerk uit te brei en in 'n groter mate van wetenskaplike hulpmiddels, soos DNA en forensiese navorsing, gebruik te maak.

Veediefstal fokusgebiede in die betrokke tydperk was Bergville, Taylors Halt, Impendle, Bo-Tugela en Ladysmith in KwaZulu-Natal, Amersfoort en Dirkiesdorp in Mpumalanga en Maluti, Tsolo en Qumbu in die Oos-Kaap.

Landbouweekblad, 14 Maart 2008