Landbou
Kabinet sê 'ja' vir onteieningswet
Deur JEAN-MARIE DE WAAL

Die wysigings aan die Onteieningswet van 1975 is deur die Kabinet goedgekeur. Dit sal nou in die Parlement ter tafel gele word. Onverskillige besluite oor grondliggende reëls van die markekonomie, kan egter binne- en buitelandse vertroue geweldig skaad, meen kommentators.

Die finale voorstelle vir die hersiening van die gewillige koper-beginsel asóók die beleidsvoorstelle vir die wysiging van die Onteieningswet is bespreek. Mnr. Themba Maseko, regeringswoordvoerder, sê menings is oor die beginsel gedeel. "Dit gaan mos maar saam met die Onteieningswet." Kabinetslede het gevra dat daar oor die volgende twee weke verder geskaaf word aan die dokument.

Die Regering hou die beginsel van gewillige koper, gewillige verkoper voor as een van die redes dat net sowat 4,7% van sy 30%-mikpunt vir grondhervorming bereik is. Verder word gesê die departement wil die beginsel hersien omdat hy dit nie regkry om meer geld vir die aankoop van grond vir grondhervorming te kry nie. Rolspelers uit all oorde skryf egter die sloerdery met grondhervorming aan die onbeholpenheid van die Departement van Grondsake toe.

7 Maart 2008