Die Namibiese Vleisraad, in samewerking met die Ministerie van Landbou en ander rolspelers in die vleisbedryf, onderneem eersdaags 'n besoek na Asië om nuwe markte vir Namibiese vleis te ondersoek.
Luidens die nuusbrief van die Namibiese Landbou-unie vertrek die geselskap op 5 April en die besoek duur tot 18 April. Lande wat besoek sal word is China, Hong Kong, Maleisië, Suid-Korea en Singapoer. Daar sal spesifiek gekyk word na dié markte, logistiek, invoertariewe, handelsooreenkomste, tipe vleissnitte en so aan.
21 Maart 2008