Landbou
Dieselprentjie donker
Deur ANDRIES GOUWS

Al die aanduidings is dat die dieselprys volgende week dramaties gaan styg en dat die groothandelprys tot bykans R9,40 gaan opgaan, 'n styging van sowat R2,00 in die afgelope twee maande.

Volgens kenners is daar ook nie nou lig in dié donker tonnel nie, want dit wil voorkom asof die styging meer aan 'n wêreldwye tekort as bloot net aan die hoë olieprys toegeskryf kan word.

En dat die vraag nog gaan styg, is duidelik, want die somervakansie is op hande in Europa waar die meeste motors met diesel loop. En daarna lê die groot koopseisoen, voor die winter in die noordelike halfrond, voor. Daar is ook geen berigte dat daar noemenswaardige uitbreidings aan raffinaderye is wat meer diesel kan maak nie.

Mnr. Charles van Niekerk, voorsitter van die SA Landboumasjinerie-assosiasie, voeg by dat die hoë oliepryse nie net die prys van brandstof beïnvloed nie, maar dat dit ook kunsmis en chemikalieë duurder maak.

27 Maart 2008