Landbou
Rooivleisprodusente in NW hou kongres


Die Jaarlikse Kongres van die Noordwes Rooivleisprodusente-Organisasie (NWRPO) word op 15 April in Vryburg gehou. Die tema van vanjaar se kongres is "In voeling met die rooivleisbedryf".

Volgens mnr. Jaco Maré, voorsitter van die NWRPO, wag daar in die komende jaar groot uitdagings op die Rooivleisbedryf. Hy doen dus 'n beroep op alle produsente in Noordwes om die kongres by te woon. Sake soos die strukture en funksies in die rooivleisbedryf, vleisprystendense en die produsente-aandeel in die verbruikersprys van rooivleis sal bespreek word.

Vir meer inligting, skakel Gerda Botha by 018-632 0130 of 082 660-2590, of stuur 'n e-pos na info@nwrpo.co.za.

2 April 2008