Melkprodusente se totale kragrekening kan met meer as R125 miljoen per jaar styg indien Eskom se voorstel om kragtariewe met 60% te verhoog, aanvaar word.
Daarbenewens sal prysstygings veroorsaak dat melkprodusente na raming 'n bykomende R55 miljoen aan duurder gekoopte voer, veemedisyne en ander insette sal moet betaal, sê dr. Koos Coetzee hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Die MPO het namens melkprodusente ' n beroep op die regering gedoen om toe te sien dat Eskom se tariewe nie so drasties styg nie.
"Melkprodusente is reeds onder druk weens die skerp stygings in veevoer-, brandstof- en kunsmispryse en sal dit moeilik vind om boonop duurder elektrisitiet te bekostig, " sê mnr. Etienne Terre'Blanche, besturende direkteur van die MPO.
Hy sê foute wat in die verlede gemaak is en tot die huidige wanbalans gelei het, nie in ' enkele jaar reggestel kan word sonder om die landbou onherroeplik te beskadig nie.
3April 2008