Landbou
SAOG praat oor grondhervorming


Grondkwessies word nou ingesluit by alle beleid en programme van lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) nadat dit geblyk het dat grondhervorming nie oral deel vorm van breë wetgewing nie.

Op 'n vergadering van SAOG-ministers verantwoordelik vir grondhervorming in Johannesburg is hulle ingelig oor die vordering met die totstandkoming van die SAOG se grondhervormings- en bestuursteun-hulpmiddel.

Die vestiging daarvan is gehanteer deur 'n taakspan bestaande uit verteenwoordigers van Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe.

Die hulpmiddel sal lidlande bystaan met die ontwikkeling en uitvoering van grondbeleid en -programme, internasionale kundiges koöpteer en tegniese en finansiële dienste verskaf om programme te steun, inligting te versprei en goeie praktyke toe te pas.

In 'n inligtingstuk oor buitelandse grondbesit wat by die vergadering versprei is, word voorgestel dat kopers van die SAOG voorkeur bo "buitelanders" op besitreg van grond in Suid-Afrika kry.

Landbouweekblad, 11 April 2008