Landbou
Avo-uitvoerheffing styg nie
Deur ANDRIES GROENEWALD

Die avokadobedryf se geldsake is so kerngesond dat die bestaande uitvoerheffing onveranderd gelaat kon word.

Volgens mnr. Derek Donkin, die algemene bestuurder van Subtrop, die oorkoepelende kwekersvereniging vir die avokado-, lietsjie-, makadamia- en mangobedrywe, het die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging (SAAKV) besluit om sy uitvoerheffing vir die 2008-seisoen onveranderd te laat op 17 sent per kilogram of te wel 68 sent per 4 kg-karton.

Die SAAKV-reserwefonds, wat aan die begin van die vereniging se finansiele jaar R2,6 miljoen sterk moet wees om sy verpligtinge na te kom, bedra tans R6,3 miljoen. Dit beteken 'n finansiele buffer van sowat R3,6 miljoen waarvolgens die SAAKV-raad besluit het om die uitvoerheffing onveranderd te laat.

8 April 2008