Nóg 'n nuwe finansieringsmodel vir grondhervorming, bekend as die subsidie-model vir grond- en aandeelverkryging (Lasa), is op pad.
Me. Lulu Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, het bekend gemaak dat die nuwe model "binne die volgende paar weke" bekend gemaak sal word. Sy sê dit sal 'n totale afwyking wees van die Regering se bestaande program vir die herverdeling van grond vir landbou-ontwikkeling, (LRAD).
"Vir nou wil ek niks meer oor die model sê nie, behalwe dat die media moet wag op die bekendstelling."
Landbouweekblad, 18 April 2008