As 'n globale gemeenskap, kan daar nie net meer aanpassings uit probleme gemaak word in die wyse waarop sake gedoen, geproduseer en verbruik word nie. As die probleme wat met aardverwarming gepaard gaan suksesvol aangepak wil word, moet uitdagings met mening aangepak en deurgevoer word.
Mnr. Marthinus van Schalkwyk, Minister van Omgewing en Toerisme, het in Somerset-Wes die Wêreldparke+5-konferensie geopen, en gesê daar kan nie meer bekostig word om met die konsep van "sake soos gewoonlik" voort te gaan nie. Dit word al meer besef dat 'n benadering van "sake ongewoonlik" gevolg sal moet word, omdat die sogenaamde normale benadering in die wêreld bloot nie meer onderhoubaar is nie. Daarvoor moet hande gevat word op 'n globale skaal, het hy gesê.
Van Schalkwyk het gesê 'n uitgebreide wêreldrewolusie is nodig: 'n energierewolusie, 'n tegnologierewolusie en ook 'n rewolusie van opinie. Dit moet die eerste totale beplande rewolusie in die geskiedenis van die mensdom wees waaraan almal op die planeet deelneem.
Die uitdaging is om onbestuurbare aspekte te vermy deur tempering (mitigation), en die onvermydelike te bestuur deur aanpassing. "Ons moet beweeg vanaf die area van identifisering van probleme na die area van oplossings," het hy gesê.
15 April 2008