Landbou
Mules-operasie maak opslae
Deur THEUNS BOTHA

Die kwessie rondom die toepassing van Mules se operasie in Australië het die bespreking op die jongste IWTO-vergadering in Beijing, China oorheers. Dit was feitlik geen debat waar dit nié geopper was nie, sê mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die NWKV.

De Wet, wat pas van dié vergadering teruggekeer het, het aan Landbouweekblad gesê daar is klaarblyklik nie eenstemmigheid onder Australiese boere oor die voorstel dat die praktyk teen 2010 uitgefaseer moet wees nie. Mnr. Günter Beier, voorsitter van die IWTO, het beklemtoon dat dit noodsaaklik is dat verskilpunte oorbrug sal word en Australian Wool Inovations (AWI) sy huis in orde kry. Hy het gesê dit is van die grootste belang dat die korrekte boodskap aan die kleinhandel oorgedra word aangesien hulle die mense is wat verseker dat wolgoedere aan die publiek verkoop word.

De Wet sê sy eie mening is dat die keerdatum van 2010 in dié stadium moeilik deur die Australiërs bereik sal word.

7 Mei 2008