Landbou
Skema help talle
JOYLENE VAN WYK

Die Regering se finansieringskema vir onder meer kleinboere (Mafisa) het in die eerste kwartaal van die jaar R8,5 miljoen uitbetaal en altesame 903 kliënte het lenings ontvang.

Die Departement van Landbou het R250 miljoen vir die huidige boekjaar en R150 miljoen vir die volgende boekjaar vir Mafisa begroot. Die begroting het van 2005/'06 tot 2007/'08 met 31,2 % gestyg.

Volgens die departement se begrotingsverslag is die verhoging vanweë die verwagte styging dat opkomende boere meer geld sou nodig hê soos die skema vorder.

Die begroting vir die omvattende landbou-steunprogram (Casp) het van R200 miljoen in 2005 tot R415 miljoen in 2008 gestyg. In die boekjaar 2010/'11 sal R507,1 miljoen daarvoor begroot word.

Landbouweekblad, 16 Mei 2008