Die bestuur van die Namibiese Landbou-unie het die nuwe minister van grondsake in dié land besoek.
Mnr. Raimar von Hase, die NLU-voorsitter, mnr. Ryno van der Merwe, voorsitter van die LPO en ook voorsitter van die NLU se grondkomitee en die uitvoerende bestuurder van die NLU, mnr. Sakkie Coetzee, het 'n besoek aan mnr. Alfeus Naruseb, die Namibiese minister van grondsake gebring. Sy adjunk, mnr. Ya Kasita was ook teenwoordig.
Luidens die NLU se weeklikse nuusbrief het dié besoek in 'n baie goeie gees plaasgevind. Naruseb het beklemtoon dat hy 'n sterk voorstander van konsultasie is en dat dié besoek van die NLU opgevolg moet word. Von Hase het die minister ingelig oor die standpunte van die NLU ten opsigte van grondhervorming. Hierdie standpunte sluit in:
In sy reaksie het die minister sy dank teenoor die NLU uitgespreek vir die hulp wat hy aan opkomende boere bied om die hervestigingsprogram suksesvol te laat verloop. Naruseb het die NLU ook versoek om ander haakplekke in die huidige hervestigingsbeleid uit te wys.
12 Mei 2008