Washington - 'n Mielieagtige plant wat so hoog soos 'n olifant se oog groei op van die planeet se droogste landbougrond is 'n moontlike opsie vir "slim" biobrandstof wat nie die wêreld se voedselkrisis aanblaas nie, het 'n landboudeskundige Maandag gesê.
Soet sorghum, wat meestal in die Verenigde State as dierevoeding gebruik word, bied 'n stingel van sowat drie meter lank wat in etanol verander kan word sonder om die eetbare deel wat aan die bopunt groei te beskadig, het Mark Winslow van International Crops Research Institute for the Semi-Arid Tropics in 'n onderhoud gesê.
Soet sorghum lewer agt eenhede brandstof vir elke brandstofeenheid wat as deel van die vervaardigheidsproses in ontwikkelende lande gebruik word. Dit is 'n groot verbetering op graan-etanol, wat een-en-'n-half keer soveel energie tydens produksie gebruik as wat dit aan die einde van die proses bied, sê Winslow.
Selfs in die VSA, waar meganiese produksie meer brandstof gebruik, behoort soet sorghum-etanol steeds vier keer meer energie bied as graan-etanol.
Die gebruik van graan-etanol verhoog ook navraag vir die gewasse op internasionale markte, wat dan weer die verskaffing van voedselgraan verminder. Winslow meen dit sal nie die geval met soet sorghum wees nie.
Die instituut is 'n vereniging sonder winsmotief en nie-politieke organisasie wat op landbounavorsing aangaande "slim gewasse" en produksiesisteme wat boere in droë gebiede kan help sonder om die omgewing te skaad fokus.
Reuters
