Die Ford Motormaatskappy van Suid Afrika (FMMSA) beoog om 70 000 Ford Ranger-bakkies oor die volgende drie jaar na ander Afrika-lande uit te voer.
Dit behoort sy totale uitvoervolume tot 60 000 eenhede per jaar te verhoog.
Ongeveer 10 000 bakkies sal tot aan die einde van 2008 uitgevoer word, en die syfer groei na 24 000 vir 2009 en 40 000 in 2010.
Die eerste aflewering is reeds in April 2008 vanaf 'n Silverton fabriek na sub-Sahara lande gestuur en het uit regterstuurmodelle bestaan. Linkerstuurmodelle sal vanaf Julie uitgevoer word.