Landbou
Argentynse boere sat vir wag


Boere in Argentinië staan gereed om verdere aksie te neem teen die land se regering. Hulle steeds geen beduidende reaksie van pres. Kirchner se administrasie aangaande verhoogde uitvoerbelasting op graan en oliesade soos soja gekry het nie.

Na 'n naweek van bymekaarkom, protes en gedeeltelike padblokkades het die leiers van die land se vier landbou-unies besluit om, indien daar geen reaksie van die Argentynse regering teen Donderdag is nie, verdere aksie te neem. Hulle beoog om die verbod op die uitvoer en vervoer van graan en soja te verleng, maar sal nog besluit of daar meer ernstige stappe nodig is.

In die tussentyd sal boere die minimum verkoop en koop om aan die lewe te bly. Gedeeltelike ooreenkomste is reeds bereik aangaande die normalisasie van beesvleis- en koringuitvoere, maar niks is nog gesê oor soja nie.

Verskeie provinsiale goewerneurs het ook nou teruggetree van hul ondersteuning vir Kirchner se administrasie en vra ook om verdere besprekings. Hulle het selfs aangebied om te bemiddel tussen die groepe.

Dit blyk dat voormalige Argentynse president en Kirchner se man, Nestor Kirchner, die veldtog teen boere dirigeer en vasbeslote is om hulle "op hul knieë te sien" omdat hulle presidensiële gesag bevraagteken het.

Die Kirchner administrasie se belastingbeleid is dalk ongunstig vir die land se boere, maar buurland Uruguay beleef 'n meer gunstige sy van die situasie. Tussen 35% and 40% van die land se land word deur Argentynse beleggers en korporasies bewerk.

Met groter kapasiteit en genoeg geld om plase in Uruguay te huur, wat plaaslike boere nie kan doen nie, maak dit meer sin om in die buurland, waar uitvoerbelasting nie so straf is nie, te boer.

Mercopress, 14 Mei 2008