
'n Besondere Appaloosa-merrie is op die plaas Alpha Estate van me. Claire Amm, naby Ladybrand, gesteel. Me. Amm is 'n bekende in perdekringe.
Me. Amm sê die twee jaar oue merrie is op 18 Oktober op die plaas gesteel en ten spyte van talle navrae en advertensies in die media, is die perd skoonveld.
Amm beskryf die perd as 'n "spotted blanket". Die merrie het 'n donkerbruin kop, nek en bene. Die res van die lyf is wit, maar oortrek met donker kolle. Die perd vertoon ook 'n "visstert"-merk aan haar regterkant.
Kontak me. Amm deur sms'e te stuur na:
083 228 0223
Of bel: 051 924 2086 of 051 924 2047
E-pos: alpha@intekom.co.za
'n Beloning word aangebied vir die veilige terugvind van die merrie.
20 November 2008
