Landbou
'Politici, besoek topboere'
Deur CHARL VAN ROOYEN

Die portefeuljekomitee vir landbou in die parlement behoort die finaliste vir Boer, Opkomende Boer en Landboukundige van die Jaar te besoek sodat hulle kan sien hulle is betrokke in ingewikkelde besighede en wetenskap wat met die beste in die wêreld kan meeding, sê prof. Johan Willemse, hoof van die departement landbou-ekonomie van die Universiteit van die Vrystaat.

Hy was die spreker tydens die bekendstelling van Suid-Afrika se nasionale Boer, Landboukundige en Opkomende Boer van die Jaar in Stellenbosch deur Landbouskrywers SA, Ou Mutual, Mutual & Federal en Nedbank.

"Dit is jammer die Minister van Landbou verkleineer die landbou en maak dit as 'n bestaansleefwyse en huistuine af. Die finalisboere en -wetenskaplikes is die bestes in die land; selfs in die wêreld as hulle aan internasionale maatstawwe gemeet word," het hy gesê.

"Boere en landbouwetenskaplikes gaan nog baie gesog word," het Willemse bygevoeg.

Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 28 November 2008.

21 November 2008