Aanduidings bestaan dat vanjaar bykans 'n vyfde méér koring geplant gaan word as verlede seisoen.
Volgens die Oesskattingskomitee van die Departement van Landbou dui 'n opname daarop dat boere 750 000 hektaar koring in die seisoen 2008 wil plant. Dit kom neer op 118 000 hektaar 18,7% meer as wat in 2007 geplant is.
Die grootste produksiegebied vir winterkoring is die Wes-Kaap met 347 500 hektaar (46%) wat 6,9% meer is as die vorige seisoen, gevolg deur die Vrystaat met 293 500 hektaar (39%) 36,5% meer as in die seisoen 2007.
Die komitee sê volgens boere kan die toename in verwagte aanplantings hoofsaaklik toegeskryf word aan beter pryse en genoeg grondvog in die meeste produksiegebiede.
Die verwagte aanplantings van moutgars toon 'n afname van 7,1%.
Landbouweekblad, 9 Mei 2008