Die kwessie rondom die toepassing van Mules se operasie in Australië het die bespreking op die jongste IWTO-vergadering in Beijing, China oorheers. Dit was feitlik geen debat waar dit nié geopper was nie, sê mnr. Petrus de Wet, voorsitter van die NWKV.
De Wet, wat pas van dié vergadering teruggekeer het, het aan Landbouweekblad gesê daar is klaarblyklik nie eenstemmigheid onder Australiese boere oor die voorstel dat die praktyk teen 2010 uitgefaseer moet wees nie.
De Wet sê sy eie mening is dat die keerdatum van 2010 in dié stadium moeilik deur die Australiërs bereik sal word.
7 Mei 2008