'n Voormalige Suid-Afrikaner het die leisels oorgeneem as voorsitter van die Austalian Wool Innovation, die organisasie wat navorsing, ontwikkeling en bemarking namens wolboere doen.
Die bedanking van die voorsitter van die AWI (Australian Wool Innovation) mnr. Ian McLachlan, wie se termyn eers in November sou verstryk, het dié deur oopgemaak vir mnr. Brian van Rooyen, in daardie stadium die ondervoorsitter van die AWI.
Van Rooyen het 20 jaar gelede na Australië geëmigreer. Hy het voorheen by die Woltoetsburo SA in Port Elizabeth gewerk.
7 Mei 2008