Landbou
Koringoes vir 2007 groter
Deur LIEZL VERCUEIL

Die Oesskattingskomitee het die groottes van die 2007 koring-, gars-, kanola- en soet lupiene gefinaliseer.

Luidens 'n verslag van die komitee is 632 000 hektaar koring aangeplant en die finale oes het 1 905 000 ton bereik. Dit is 3,2% hoër as die aanvanklike beraming. Daar was 73 360 hektaar gars aangeplant wat 'n oes van 222 500 ton opgelewer het - 1,9% meer as wat verwag is. Die kanola-oes is egter met 4,4% oorskat en het 38 150 ton opgelewer vanaf 33 200 hektaar van die gewas. Daar was 14 000 hektaar lupiene aangeplant wat 'n oes van 13 300 ton opgelewer het.

Die beraamde prododuksiesyfers vir koring is aangepas en het SAGIS se gepubliseerde syfers van ware aflewerings as die basis vir die berekening gebruik. Die syfers van die Departement van Landbou se direktoraat vir landboustatistiek se koringopname, wat plaasverbruik en terughouding in ag neem, is ook by SAGIS s'n gevoeg om finale syfers te bepaal.

Die Oesskattingskomitee poog om die finale skatting van die oes binne 5% van die ware syfer te beraam. In die afgelope nege jaar het die komitee vir ses jaar binne hierdie perke gehou.

9 Mei 2008