Die Naboom-windpompfees neem eersdaags plaas en is daarop gemik om die landbou en toerisme in die Naboomspruit-omgewing te bemark.
Amerikaanse vuilbroed, of jongbysiekte, versprei volgens 'n voorlopige ondersoek nou verder as die Wes-Kaap.
Kommersiële boere sal ook hulle deel van die R99 miljoen-begroting om landbouproduksie te verhoog kry.
Suid-Afrika se groeiende bevolking en onbeheerde groei in die mynbou maak water 'n skaars kommoditeit, sê die TLU SA Noord, en nie vermorsing deur die landbou nie.
Die Land Bank het dit reggekry om R560 miljoen van nie-presterende lenings in te vorder, wat bewys dat dié bank nou in 'n beter posisie is.
'n Forensiese ondersoek deur die Gautengse departement van landbou het bedrog van R81 miljoen oopgevlek.
Valuta-omskakelings, voorraadaanpassings en die boetes wat deur die Mededingingskommissie opgelê is, het Sasol se chemiese bedrywighede geknou.
Senwes vier nie net sy honderdste bestaansjaar vanjaar nie, maar het ook sy mees winsgewende jaar nóg beleef.
Die gewilde jaarlikse saamtrek van Christenmans en -seuns gaan wéér volgende jaar onder leiding van die boereprediker Angus Buchan op sy plaas in Greytown plaasvind.
Omnia is nie skuldig aan onmededingende praktyke nie en sal aanhou om homself te verdedig, sê dié maatskappy se besturende direkteur.
Die landbou se tariefbeleid sal, noudat dit afgehandel is, by die nasionale nywerheidsbeleid gevoeg word.
Rabatte tussen sekere verskaffers en groot- en kleinhandelaars is volgens Solidariteit glo die oorsaak van hoë voedselpryse.
Die verslag oor beweerde korrupsie by die Land Bank sal gesluit bly, behalwe as dit in openbare belang geag word.
Die kleinhandelaars wat nou deur die Mededingingskommissie vir prysknoeiery ondersoek word, verwelkom dié ondersoek en bied hul volle samewerking aan.
Een uit ses mense lei honger, luidens 'n verslag van Oxfam, en beleggings in ontwikkelende lande deur die G8 sal moet toeneem om dié stand van sake te verander.
Meningsverskille is die rede vir mnr. George Wilken se bedanking by die LWO, luidens mnr. Danie de Villiers, hoofbestuurder.
Landelike gebiede moet ontwikkel word om die golf mense wat na stede trek met die hoop om 'n beter lewe te maak, te stuit, sê die Noord-Kaapse LUR vir die landbou.
Suid-Afrika se grootste kettingwinkels word nou amptelik vir moontlike oortredings van die Wet op Mededinging ondersoek.
Verlede jaar se Vroueboer van die Jaar, me. Bongiwe Kali, het 'n R3 miljoen-borgskap van die Oos-Kaapse departement van landbou ontvang om 'n kuikenbroeihuis op te rig.
'n Massa giftige mynwater kan binne dae die Vaalrivier-stelsel invloei en mense, diere, die omgewing en die landbou ernstig skaad.
|
Hierdie week in LBW
- Goeie toekoms vir mielies - Weidingsproef in Karoo - Landbou kan armoede verlig - Opwindende vooruitsigte in Botswana - Safex wissel weens min feite - Kos: Trots SA-kos |