Landbou
Nuus
'Spekulante jaag graanprys op'
Graanhandelaars het definitief 'n aandeel in die huidige hoë graanpryse, sê mnr. Paul Marais, voorsitter van Sansor.
Dieresensus in Mosambiek
Die eerste dieresensus in Mosambiek begin binnekort in 'n poging om die konfik tussen wilde diere en die mens hok te slaan.
Koringoes vir 2007 groter
Die Oesskattingskomitee het die groottes van die 2007 koring-, gars-, kanola- en soet lupiene gefinaliseer.
Nafu, Agri Wes-Kaap praat oor grond
Geskiedenis is gemaak toe mnre. Carl Opperman van Agri Wes-Kaap en Willie Williams, voorsitter van Nafu in dié provinsie, oor grondhervorming gesels het.
Afgri spog met syfers
Afgri spog met 'n verbetering in sy wesensverdienste per aandeel en 'n styging van 20% in sy totale verkope vir die tweede tussentydse periode van ses maande tot op 29 Februarie vanjaar.
Oud-Suid-Afrikaner lei wolsake Doer Onder
'n Voormalige Suid-Afrikaner het die leisels oorgeneem as voorsitter van die Austalian Wool Innovation, die organisasie wat navorsing en bemarking namens wolboere doen.
SA wolvag presteer oorsee
'n Fynwol-vag van mnr. Bruce Dewing en sy seun Stuart van Cathcart, het uitgeblink in 'n internasionale fynwolkompetisie in Sydney.
Mules-operasie maak opslae
Die kwessie rondom die Mules-operasie in Australië het die bespreking op die jongste IWTO-vergadering in Beijing oorheers.
MPO praat oor Cosatu-eise
Verskeie rolspelers in die landbou het onlangs vergader oor Cosatu se eise oor duur voedsel.
Suidwes-dividend verras
Dit gaan skynbaar klop-disselboom met Suidwes van Leeudoringstad se sake te oordeel na die gesonde styging van die tussentydse dividend wat verklaar is.
Kaasfees lok derduisende
Bykans 33 500 mense het die afgelope naweek verkeersknope en trietsige weer trotseer om die jaarlike SA Kaasfees op Bien Donné naby Franschhoek by te woon.
Baie wil meer koring plant
Aanduidings bestaan dat vanjaar bykans 'n vyfde méér koring geplant gaan word as verlede seisoen.
'Moeilike tye wag op SA'
Die rentekoers kan met nóg 2% styg en dit is ook nie meer lank voordat die brandstofprys R10 per liter en méér kan beloop nie.
Agri SA wil na Mbeki oor veiligheid
Nadat Agri SA vir meer as 'n jaar tevergeefs probeer om met die Minister van Veiliheid en Sekuriteit oor landelike veiligheid te praat, gaan hulle nou pres. Thabo Mbeki nader.
Boere raadop met bosvarke
Troppe bosvarke het boere in Mpumalanga en Limpopo met die hande in die hare oor die verwoesting wat hulle in mielielande saai.
Kabeldiefstal knou foondiens
Kabeldiefstal bly een van Telkom se grootste probleme wat sy dienslewering op die platteland kortwiek.
'Saamstaan teen Onteieningswet'
Daar is 'n groeiende dringendheid vir boere om saam te staan om wetgewing, soos die voorgestelde Onteieningswet, teen te staan, sê mnr. Paul van der Walt van die TLU SA.
'Bosluisboere' nie welkom
Boere wat nie by die georganiseerde landbou betrokke raak nie, is "bosluise" wat "eenvoudig voordeel trek uit die harde werk van diegene wat wel hard vir boere se regte baklei".
Mdladlana breek lansie vir Afrikaans
Die Minister van Arbeid was só skaam dat geen dokumente in Afrikaans by 'n imbizo versprei is nie, dat hy aangebied het om dit sélf te vertaal.
Grondloses eis meentgrond
Protesgangers in Robertson het geëis dat meentgrond vir opkomende boere oorweeg word eerder as vir ontwikkeling.

Stem
Is jy ten gunste van subsidies vir die landbou?
Nee
Ja
Weet nie
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Daar's nog geld in wyn
- Kans om landbou reg te ruk
- Goedkoop op gras
- Plaasmoorde: Agri SA soek Mbeki
- Koste wurg sitrusboere
- Plaaslek het boere gaande
- Spesiaal vir Ma