Landbou
Nuus
SA mik na Midde-Ooste
Suid-Afrikaanse sakelui, insluitende dié in die landbousektor, wil 'n kantoor in Saoedi-Arabië open.
Grondhervoming kan nog werk
Sowat 40% van transaksies waarin grond van wit hande na swart eienaarskap verwissel, gebeur in die ope mark.
Staat gedreig oor onteiening
"Hersien Onteieningswetsontwerp, of ons gaan hof toe," sê Solidariteit se AfriForum.
Biobrandstof onder soeklig
Besluitnemers uit landbou- en arbeidsgeledere het verlede week byeen gekom om te besin oor die vervaardiging van biobrandstof in Suid-Afrika.
Wolmark vertoon swakker
Wolpryse het gister teruggesak en Cape Wools se Merino-aanwyser het 5% laer as die vorige veiling twee weke gelede op R61,53/kg (skoon) gesluit.
Rooivleisboere verder van pryse
Navorsing dui op 'n kommerwekkende gaping en afname in die produsente-aandeel in die verbruikersprys van vleis. Dié inligting is deur die Noordwes-tak van die RPO bekend gemaak.
Argentynse boere sat vir wag
Argentynse boere is moeg gewag vir klaring van pres. Cristina Fernandez de Kirchner se administrasie aangaande uitvoerbelasting.
Land Bank bied grond aan
Die Land Bank beoog om 80% van sy teruggeneemde plase aan die Departement van Grondsake en aan sy opkomende kliënte aan te bied.
Grondverslag sê niks nuut
Die Departement van Grondsake het 'n paar dinge te sê in reaksie op die verslag oor die stand van grondhervorming wat op 6 Mei bekend gestel is.
Waarde van landbou kom na vore
Dit is kommerwekkend dat Suid-Afrika 'n netto-invoerder van produkte, soos koring, rys en vleis, is, sê Minister van Finansies Trevor Manuel.
Boer vermoor: Owerheid swyg
Die stilswye van die owerheid oor die moord op 'n Oos-Vrystaatse boer word deur sommige as 'n teken van goedkeuring gesien.
Nóg dieselprysskokke in sig
Ná drie opeenvolgende prysskokke is die einde steeds nie in sig nie en het boere alreeds R3 miljard ekstra aan dieselkoste bestee.
Skema help talle
Die Regering se finansieringskema vir onder meer kleinboere (Mafisa) het in die eerste kwartaal van die jaar R8,5 miljoen uitbetaal en altesame 903 kliënte het lenings ontvang.
Swak infrastruktuur kos Suid-Afrika miljarde
Suid-Afrika het in die verlede nie genoeg in infrastruktuur belê nie. Dit kom die land nou duur te staan. Dít is telkens gesê op 'n agrologistieke werksessie wat deur die Landboubesigheidskamer (LBK) aangebied is.
Soet sorghum bevorder as biobrandstof
Soet sorghum mag dalk 'n slim opsie bied vir die vervaardiging van etanol sonder om voedselstabiliteit te bedreig.
Ford mik na Afrika
Ford beoog om 70 000 Suid Afrikaans-vervaardigde bakkies na ander Afrika-lande uit te voer.
Krisis in agri-voorligting?
'n Regruk-aksie is dringend nodig om die hangende krisis in landbouvoorligting te keer, waarsku 'n hoofdirekteur van die Departement van Landbou.
Nóg basiese kos dalk taksvry
Die Regering oorweeg dit om méér basiese kossoorte van belasting vry te stel om veral arm mense te help.
'Speel oop kaarte oor saad'
Die saadbedryf moet oop kaarte met boere oor die beskikbaarheid van saad vir die komende someraanplantings speel.
Namibiese leiers byeen
Die bestuur van die Namibiese Landbou-unie het die nuwe minister van grondsake in dié land besoek.

Stem
Meen jy die Regering gaan die pryse van basiese voedselsoorte vaspen?
Nee
Ja
Weet nie
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan
- Grond-oordrag kan werk
- Plan stuit ekologiese ramp
- Boer presies: Maak geld
- Driehoekkruising werk
- Manuel bieg oor landbou-foute
- Kos: Braaiboud