Landbou
Tuinbou
Uitvoer na Angola makliker
Logistieke probleme het 'n duik in 'n SA vrugte- en groente uitvoermaatskappy se verkope in Angola gemaak totdat 'n vragskip gehuur is om produkte mee te vervoer.
Boere moet in hul (koolstof)spoor trap
Wanneer supermarkte sê hulle wil die koolstofspoor van hul aanbodketting verklein, bedoel hulle dit. Suid-Afrikaanse boere moet betyds optree vir 'n mededingende voordeel.
Zim straks nuwe woema vir tabakbedryf
Politieke stabiliteit kan Zimbabwe weer 'n gerekende lid van die tabakbedryf maak.
SA avo's nog meer gesog
Suid-Afrika se avokadoboere het rede om breed te glimlag. Die binne- en die buitelandse markte toon bestendige groei wat goeie winste lewer, maar sulke dinge gebeur nie vanself nie.
'Ongewone' wingerdsiekte opgespoor
Navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) het 'n ongewone fitoplasma-siekte in tafel- en wyndruiwe in Suid-Afrika gediagnoseer.
Nuwe middelklas vra meer groente
Suid-Afrikaners het deesdae meer geld om aan groente en vrugte te bestee. Op 'n onlangse boeredag is meer as 20 nuwe kultivars bekend gestel om in die groeiende verbruikersvraag te voorsien.
Wynbedryf dra swaar aan belasting
Wynbedryfsleiers besef daar is min wat hulle aan aksyns op wyn kan doen. Sommige meen egter dat dié belasting 'n onregverdige las op kelders en die verkopers van goedkoper wyn plaas.
Mark vir organiese mango's stel teleur
Een van Suid-Afrika se voorste mangoprodusente is kriewelrig omdat die kunsmatige geesdrif vir organiese vrugte nie behoorlik neerslag vind in die mark nie.
Duitsers soek SA vrugte
"Ons kry nog te min van jul vrugte," sê 'n gesant van een van Europa se grootste vrugtebemarkers.
SA appelboere hoef China nie te vrees
Appels is nie tekkies of T-hemde nie. Om Chinese appels en ander vrugte van 'n goeie gehalte per see by verbruikers in Suid-Afrika te kry, is ingewikkeld en duur.
Kersiebedryf trap water
Wisselvallige opbrengste wat van 2 ton tot 20 ton per jaar kan wissel na gelang van die weer, veroorsaak 'n kwynende belangstelling in kersies as 'n langtermyngewas.
Super-sampioene roer markte in SA
Bykans twee jaar se tegniese ontwikkeling en toetsing het dividende gelewer, want eksotiese sampioene word nou op groot skaal in Suid-Afrika geproduseer.
Databasis vir uitvoerders
Uitvoerboere se taak is deesdae makliker danksy die opstel van 'n omvattende databasis met inligting oor die maksimum toegelate residuvlakke vir vars produkte wat die EU vereis .
Organiese sure red wingerd
Kenners het min hoop gehad vir 'n blok jong wingerd wat swaargekry het onder die aanslag van wit- en swartbrak. Humate en fulvate was die reddingsboei wat dié blok deurgetrek het.
Wees versigtig met bloubessies
'n Markleier in bloubessies het ontnugterende feite oor dié bedryf bekend gemaak.
Bemark reg vir soeter wins
Tafel- én droogdruifboere kan steeds geld maak, maar dan moet hulle by die bemarking van hul produkte betrokke raak.
Tee vir 'n gesonde nasie
Heuningbostee is een van Suid-Afrika se bes bewaarde geheime - selfs Suid-Afrikaners is taamlik onbekend met dié geurige tee met talle gesondheidsvoordele.

Blommetjies in 'n blik gedruk
Geblikte waterblommetjies bied uitkoms vir die wispelturige varsproduktemark en bederf boonop Gautengers en mense oorsee regdeur die jaar.
Bitter uit aalwyn gehaal
Oor die eeue heen word die aalwyn vir sy medisinale en kosmetiese voordele besing, maar nou ook in 'n opwindende reeks koeldranke en ander lekkernye waaroor mense gaande is.
Tekorte beteken hoër pryse
Weens verskeie faktore is daar wêreldwyd 'n tekort aan inmaakvrugte. Pryse van 7% tot 8% hoër kan internasionaal verwag word, wat goeie nuus vir plaaslike boere kan wees.


Stem
Is jy ten gunste van subsidies vir die landbou?
Nee
Ja
Weet nie
Stel 'n standpunt, vra vrae of gesels sommer net.
Goeie geselskap oor aktuele en minder aktuele landbousake, alles per e-pos.
Teken in vir die weeklikse oorsig.
Pryse wat vir grond in Suid-Afrika betaal is.
Klik om Landbouweekblad elke week te ontvang.
Hierdie week in LBW
- Daar's nog geld in wyn
- Kans om landbou reg te ruk
- Goedkoop op gras
- Plaasmoorde: Agri SA soek Mbeki
- Koste wurg sitrusboere
- Plaaslek het boere gaande
- Spesiaal vir Ma