Inskrywings vir Landbouweekblad/Sanlam se derde Landbouvroue-entrepreneurskompetisie word ingewag. Die aanloklike prys van R60 000 wink weer vir die wenner.
Vanjaar word die net wyer uitgegooi deurdat enige vrou wat 'n onderneming op erkende landbougrond bedryf, genooi word om haarself in te skryf. Voorheen is net boervroue wat hul eie besigheid bedryf, oorweeg.
As jy dus 'n onderneming op landbougrond bedryf, vyftig persent of meer van dié onderneming besit en 'n omset van minstens R3 000 per maand daarmee genereer, voldoen jy aan die vereistes om deel te neem. Kyk gerus na die volledige kriteria vir dié kompetisie wat hierby verskyn.
![]()
|
Vroue huiwer steeds om in te skryf omdat dikwels gemeen word dat hul ondernemings - gemeet aan ander inskrywings - te klein is. As jy ook só oor jou besigheid voel, kyk gerus met nuwe oë na die kriteria. Hier word nie op die grootste omset gefokus nie, maar liefs op die identifisering van 'n geleentheid, struikelblokke wat oorkom is en die inspirasie wat 'n onderneming bied waardeur andere aangemoedig word om dieselfde te doen.
Enigiemand wat 'n voorvat-vrou ken wat só 'n onderneming bedryf, kan haar vir die kompetisie inskryf.
Vanjaar se kompetisie duur van 6 Julie tot 30 September 2007. Artikels oor vroue wat inskryf, word egter tot 30 November 2007 gepubliseer.
Ses finaliste word op 12 Desember deur 'n paneel beoordelaars uit al die inskrywings gekies. Dié mense sal elk R5 000 en ander pryse van meer as R2 000 ontvang.
Dié vorm is ook beskikbaar op Sanlam se webwerf by www.sanlam.co.za. Stuur jou vorm elektronies na lvstad@landbou.com, per slakkepos vóór 30 September 2007 aan: Landbouweekblad/Sanlam Landbouvroue- entrepreneurskompetisie, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of faks dit alternatiewelik vir aandag: Linda van Staaden, 021 406 2940.
Klik hier om die vorm (in PDF-formaat) af te laai.
Wie mag inskryf?
Reëls
1. Benoemings
2. Kwessies betreffende inligting wat voorsien is
3. Inligting benodig
Aanvullende inligting moet ingedien word as 'n
dokument wat die volgende bevat:
'n Skutblad (indien apart van inskrywingsvorm
ingedien word) bevattende:
4. Die beoordelingsproses
Die wenner sal deur 'n onafhanklike paneel
beoordelaars aangewys word. Die besluit is
finaal en geen korrespondensie sal gevoer word
ná die wenner aangekondig is nie.
Die beoordelaars se beslissing van die ses finaliste, asook dié van die finale wenner, is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
5. Kontakbesonderhede
Alle inskrywings kan gerig word vir aandag
Linda van Staaden.
Posadres: Landbouvroue-entrepreneurskompetsie,
Landbouweekblad, Posbus 1802,
Kaapstad 8000
E-posadres: lvstad@landbou.com
Faksnommer: 021 406 2940
Telefoonnavrae: 021 406 2296
6. Belangrike datums
Die kompetisie sluit op 30 September 2007.
Geen laat inskrywings sal in aanmerking kom
nie.
4 Julie 2007