Anneliese is 'n gedissiplineerde, gedrewe sakevrou wat nie geskroom het om die globale mark
sonder geldelike rugsteun te takel en 'n skitterende sukses te maak nie.
Die donkie is 'n wonderlike ding. Of daar altyd so wonderlik na hulle omgesien word, betwyfel Annemarie van Zijl, 'n donkie barmhartige en "ma" van agtien "afgetrede" donkies.
Haar onblusbare passie en 'n ysere
wil het hierdie merkwaardige Oos-Kaapse vroueboer gebring waar sy
vandag is.
Die ses finaliste vir Landbouweekblad en Sanlam se Landbouvroue-entrepreneurskompetisie vir 2007/'08 is bekend.
Nie eens die verbod op uitvoer enkele jare gelede as gevolg van wêreldwye
voëlgriep, kon dié volstruisboer se florerende uitvoerbesigheid knou nie.
Sy het eiehandig haar man se tanende
Jersey-kudde gered deur die kalwers
met 'n goeie dosis liefde en 'n vrou se
aanraking groot te maak.
Sy sou nooit kon droom dat haar plan om oorplaatjies vir skape en beeste te druk soveel vrugte sou afwerp nie, sê 'n boervrou wat ook sakevrou geword het.
'n Bok vir besigheid
Die storie van Tantinki se
bokmelkprodukte is 'n
aangrypende verhaal - die
merkwaardige vrou
daaragter ken van op
haar tande byt, deurdruk
en aanhou.
Handgemaak is elke werk uniek. Die misterie van Afrika verweef met die primitiewe kuns van Indiane. G'n wonder dat Thobelani-kunswerke wêreldwyd besig is om versamelstukke te word.
'n Boervrou van Montagu se veggees het haar gehelp om kop bo water te hou toe haar gesin albei hul plase weens 'n finansiële terugslag verloor het.
'n Opgeleide fynproewer-sjef het twee jaar
gelede 'n paar plase geërf. Toe begin sy
boer. Nou ryg sy gesogte sybokhaartoekennings
in.
'n Boervrou van die Venterstad-omgewing se gastehuis en produkte van Nguni-vel maak hul plaas 'n gewilde besoekpunt vir stedelinge en buitelanders.
'n Gastehuis en padstal langs die N1- nasionale pad het boervrou se
landbougrond in 'n goudmyn verander.
Landbouweekblad se vrouewynmaker van die jaar is 'n spontane mens met groot geesdrif vir haar beroep wat elke geleentheid aangryp om meer van wyn en wynbereiding te leer.
Ondanks geldsake wat nie wou klop nie en 'n skeptiese bankbestuurder en rekenmeester wat gemeen het dié boervrou van Britstown se onderneming is gedoem, het sy deurgedruk.
Geïnspireer deur haar mooi omgewing, laat 'n boervrou die natuur gestalte vind in die besonderse én baie gewilde planthouers wat sy skep.
Die inkomste uit 'n ponie-stoetery betaal haar kinders se opleiding en dit het al menige keer gehelp om die boerderyinkomste aan te vul.
Min dinge kon dié boervrou, wie se plaasstalletjie landwyd bekend is vir sy voortreflike vleispasteitjies, onderkry.
Vir twee boervroue van die Karoo vorm hul uiteenlopende persoonlikhede en heilsame produkte die basis vir 'n wenresep
Kraakvars groente. Gister nog op die lande. Vandag afgeskil en in die spens van kieskeurige sjefs. Dít is die wenresep van 'n boervrou van Gamtoos in die Oos-Kaap en haar vennoot.
|
Hierdie week in LBW
- Kenners praat oor wintergraan - Grond-oordrag kan werk - Plan stuit ekologiese ramp - Boer presies: Maak geld - Driehoekkruising werk - Manuel bieg oor landbou-foute - Kos: Braaiboud |