Landbou
Projeksies vir reën bekyk
Deur NICOL MAAS

Landbouweekblad het al voorheen artikels geskryf oor mnr. Nicol Maas se projeksies vir reën, en hy skets hier proef-reënvalprojeksie vir die Pochefstroomse Graangroeiseisoen(GS) oor die tydperk Oktober tot Maart 2007/2008.

In opvolg tot die berig in Die Landbouweekblad van 13 Oktober 2006: Reënval só voor planttyd bepaal het ek dit goedgedink om 'n bydrae te maak oor hierdie seisoen se reënvalprojeksie vir die gebied om Potchefstroom.

Hierdie projeksie moet gesien word teen die agtergrond van Potchefstroom se gemiddelde maandreënvalle (in mm.) oor die groeiseisoen vir Oktober (53), Novembe r(80), Desember (100), Januarie (106), Februarie (94) en Maart (85) met 'n totaal van 518* mm.

Die groeiseisoen-periode vir 2007/2008 val in 'n groepering wat geskiedkundig oor meer as 90 jare, met heelwat voorbeelde, reënval altyd oorheersend goed vir mieliebou was, d.w.s. meesal meer as 518 mm. en waar minder, was dit sodanig goed versprei oor sê 'n aaneenlopende 4½ maande van die groeiseisoen dat mielies op die regte tyd geplant ook aanvaarbare goeie oeste moes opgelewer het. Die primêre en vaste reënvalprojeksie vir die soort reënval in vanjaar se groeiseisoen is dat dit baie goed sal wees maar tog 'n neiging tot swak Maart-reënval sal hê. Die sekondêre (let wel:) "beste kans"- projeksie ten opsigte van reënval en verspreiding is dat:-

  • Oktober- tot Februarie-reënvalle word tot bo-gemiddeld goed verwag sonder tans enige swakheid te voorsien in betrokke maandreënvalle. Die verwagte totale reënval geprojekteer vir Oktober tot einde Februarie is baie goed vir die 5 maande van die groeiseisoen wat 'n hele mielie groeitydperk kan dek.

    Laasgenoemde opmerkings het as agtergrond dat daar nou heelwat vordering gemaak is met projeksies van Potchefstroom se goeie graangroeiseisoen (GG)-reënvalle, hoër as 518 mm. gemiddelde, waarop hoër opbrengste beplan en behaal kan word. Hierdie tipiese seisoene, na verwys, is die ietwat meer as helfte van Potchefstroom se ongeveer 70%, nou projekteerbare graan groeiseisoene-reënvalle in terme van potensiaal vir 'n goeie of skaflike oes. Die GG-jare is die waar groeiseisoen reënval meer as 530 mm is met 'n gemiddelde van 650 mm.

    Die eindproduk waarna nou met projeksiestudies gestreef word, is om is om in Potschefstroom reënvalprojeksies vooraf 'n totale skeiding tussen sy verwagte swak(S) seisoene van ±30% jare, seisoene wat goed (G) is van ±35% jare en baie goed(GG)van ±35% jare in reënval vooruitsigte van 'n nuwe jaar te probeer kry.

    * (Verwerking van reënvaldata goedgunstig verkry van LNR te Potchefstroom.)

    Deel van my agenda hier is verhoog landbouproduksie op marginale graandele met beter gebruik van reënval wat dit o.a. goedkoper sal maak (m.a.w. hoër produktiwiteit in die geheel) en los die voedselprobleem daarmee outomaties op, maar sorg dat bio-brandstof die oplossing bring om die oorproduksie op te neem. Dit is ook binne bereik in die Suid Afrikaanse landbou met behulp van reënvalprojeksies en is 'n geleentheid wat nie misgekyk moet word nie.

  • Geskryf deur N.J. Maas

    Enigiemand wat in hierdie projeksies belangstel, kan Frans Marais kontak. Sy e-pos-adres is:(fransmar@intekom.co.za) of tel. 028 314 1148

    4 Oktober 2007