Landbou
Praktiese wenke wat werk (2)


Bepaal geslag van dier
Volgens die genetika bepaal die manlike dier se saad die geslag van 'n dier. Saadjies wat die manlike geslag bepaal, lewe baie kort (omtrent 12 ure) maar swem baie vinning. Dié wat die vroulike geslag bepaal, lewe 36 uur, maar swem baie stadig.
Wanneer die vroulike saadjie reg is en bevrugting vind plaas, is dit dus gewoonlik (80 %) 'n bul want dié saadjies is eerste daar. As 'n mens 'n vroulike dier vroulike wil hê, moet bevrugting voor die tyd gebeur. Die manlike sade swem en vrek na 12 ure. Teen die tyd dat die sade reg is vir bevrugting is, is al die manlik bepalende faktor saadjies dood. Dan bevrug en 'n vroulike dier onstaan.
Carl Muller (Carl.Muller@tigerbrands.co)

Nageboorte wat vassit
Dieselfde dag wat koei kalf, het moet 'n steekpil ingesit word. Dit maak haar skoon en sy vat gouer bul die volgende keer. As die nageboorte vassit, bind 'n halwe baksteen stewig aan die nageboorte vas. Die gewig sal die nageboorte stadig uittrek sonder om haar seer te maak.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

Sweetsiekte
Sweetsiekte by kalwers kan as volg behandel word. Los 'n eetlepel vol Engelse sout in 20 ml kkokwater op en spuit onder die vel van die kalf in. Terselfdertyd word Terramycin volgens liggaamsmassa toegedien. Die Engelse sout word slegs eenmalig toegedien.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

Opblaas
As 'n bees opgeblaas het, gee hom so twee tot drie bottels asyn met twee eetlepels mostertpoeier elk in. Laat die bees teen 'n opdraande staan - met sy kop hoër as sy agterlyf.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

Seer spene
As 'n koei se uier geswel en seer is, was dit drie keer per dag met lou soutwater vir solank as wat dit seer is. Na drie dae behoort die swelling te sak.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

Sementdam wat lek
Gooi so drie sakke lanboukalk al langs die damwal uit. Dit is genoeg vir 'n dam van middelmatige grootte. Die kalk gaan in alle barste in en ná twee weke hou die dam op met lek. Herhaal elke ses maande.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)

21 Junie 2004

  • Landbouweekblad aanvaar geen aanspreeklikheid vir aansprake wat in hierdie wenke gemaak word nie.

    Instuur van wenke
    As jy graag wenke wil indien, stuur 'n e-pos aan: webred@landbou.com, of klik hier.