Wenke om groot beeste te onthoring, hoe om 'n selfoon as 'n skryfding te gebruik en goeie raad vir daardie blaffende hond.
Nageboorte
As die na geboorte (sak) by bokke of skape nie gou af gaan nie, gebruik een geklitste eier, maak die dier se bek oop en gooi in die keel af, dit help baie gou.
Petrus Josef (josefp@namdeb.com)
Gebruik selfoon
Wanneer 'n mens nie 'n skryfding byderhand het om mates of ander inligting mee af te skryf nie: Neem jou selfoon en bel jou eie nommer, die antwoord-gerief kom in werking (foon is beset) en laat 'n boodskap met die betrokke inligting. Jy kan die inligting later neerskryf.
Neno Junius, Bredasdorp
Hartwater
As 'n bees hartwater in 'n gevorderde staduim het (wanneer die dier al lê, nie kan opkom en soos 'n afkop-hoender spartel) kan die volgende behandeling toegepas word met welslae van 80 % om die dier deur te haal.
Spuit die dier om mee te begin 'n dubbele dosis Terramycin en 'n dubbel dosis Mildox (dis baie duur maar gebruik klein hoeveelheid per dosis). Spuit die dier terselfdertyd Berrinel vir rooiwater want 8 uit tien 10 keer kry so 'n dier rooiwater ná die hartwater en vrek van die rooiwater. Herhaal die behandeling die volgende dag, behalwe vir die Berrinel.
Trek die dier sodat dit regop op sy maag lê en pak hom vas met ou motorbande of voerbakke sodat hy regop bly lê. Die voorwerpe moet die dier nie kan seermaak nie.
Probeer terselfdertyd om die dier elke uur 2 tot 3 liter water met elektrodes in te gee. Onthou, die bees kan nie drink nie. Dit is om te help sodat die dier nie ontwater nie. Die toedien van water word eers gestaak as die dier self kan drink. Wat ook baie help as die dier die tweede dag 'n dosis Fosamiene gespuit word.
Gewoonlik tree 'n verandering binne 48 uur in en die dier sal self probeer opstaan. Dit neem soms tot 'n week voordat só 'n dier self kan vreet en loop.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)
Maagwerk by kallers
Gee die kalf die wit van 'n eier in. Dit help om die maag te stol.
Jan van Heerden, Mortimer
Elektroliet-verlies
Gee rooibostee in vir kalwers wat aan 'n elektroliet-verlies ly.
Jan van Heerden, Mortimer
Onthoring van groot beeste
Draai 'n strook binneband styf om die horing van die bees vas, net waar dit uit die kop groei. Na verloop van tyd sal die horing doodgaan en afval. Mense gaan sê dit is seer, ens., maar dit is niks seerder as waneer 'n horing afgesaag word en die bloeiende wond moet met koolteer toegestop word nie.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)
Vrugbaarheid
Om die vrugbaarheid van 'n kudde te verhoog en om die interkalf-periode korter te maak: Hok die kalwers bedags of snags van die koeie af tot op die ouderdom van drie maande. Dit veroorsaak dat die melk in die uier die koei se hormone om bul te vat vinniger aan die werk sit en sy paar baie vinniger.
Sodra 'n koei gekalf het, sit dieselfde dag vir haar 'n steekpil in om haar geslagsorgane skoon te maak.
Spuit die koeie wat gekalf het op 6 weke 'n dubbel dosis vitamine A en 'n dosis Multimin in. Volg dit op voor die winter en na die winter wanneer die hele kudde gespuit word.
Deon Stander (dstander@medunsa.ac.za)
Blaffende honde
Smeer die hond wat so blaf met Vaseline onder die stert. Die hond kan dan nie drukking opbou om te blaf nie. Werk soos 'n bom!
Getroue leser
25 Junie 2004
Instuur van wenke
As jy graag wenke wil indien, stuur 'n e-pos aan: webred@landbou.com, of klik hier.